Info: Your browser does not accept cookies. To put products into your cart and purchase them you need to enable cookies.
Dit is Volbring! kleingroep dvd
[Video DVD] Lewe vanuit die afgehandelde werk van Christus. 8 kragtige onderrig sessies en 4 opsionele bonus sessies, met jou aanbieder, Alan Platt.
Dit is Volbring! kleingroep dvd
R395.00


Hierdie opsie is bedoel vir eenmalige kleingroepe en persoonlike studie.

Dit word sterk aanbeveel dat u plaaslike kerk die volle 'Dit is Volbring!' church campaign fasiliteer. Al die hulpbronne, tesame met hoogs geborgde pryse, is beskikbaar vir hele kerke wat die church campaign doen. Besoek hier vir verdere 'Dit is Volbring!' church campaign inligting.

Elke kleingroep deelnemer moet hul eie oorspronklike werkboek hê. U benodig ten minste een oorspronklike 'Dit is Volbring!' kleingroep DVD per klein groep. Geen duplisering van die werkboek of die DVD word toegelaat nie.

Baie mense, seifs mense wat lank Christene is, sukkel met die gedagte dat hulle nog steeds iets moet doen, moet presteer, om God se glimlag, God se genade en God se aanvaarding oor hulle lewe te beleef.

Dit is die grootste ontdekking wat 'n mens kan maak wanneer jy ontdek dat jy ingesluit is in die afgehandelde werk van Christus en dat Christus alles vir jou gedoen het wat jy nodig het om verlos te word en in oorvloed te leef.

'Dit is Volbring!' help mense om te verstaan hoe om hulle lewe te leef vanuit die afgehandelde werk van Christus, vanuit die ontdekking dat jy in Christus Jesus is, dat jy saam met Hom gesterf het en saam met Hom opgestaan het in 'n nuwe lewe.

Dit is Volbring! 8 kragtige onderrig sessies en 4 opsionele bonus sessies.

Sessie 1: Dit is Volbring!

Sessie 2: God se groot geheim

Sessie 3: Jy’s nie ’n sondaar nie

Sessie 4: Bevry van my eie poging

Sessie 5: Erfgename van ’n Nuwe Testament

Sessie 6: Meng jy nog die ou verbond en die Nuwe Testament?

Sessie 7: Christus is die sleutel

Sessie 8: Betree die rus

Sessie 9: Mý evangelie

Sessie 10: Weg met skuld en skaamte

Sessie 11: Leef soos ’n nuwe mens

Sessie 12: God se gunsgenote

Hierdie item bevat drie (3) DVDs, wat 8 onderrig sessies en 4 opsionele bonus sessies insluit, sowel as 'n oorspronklike werksboek.

Maak seker dat u ook die volkleur, 64-bladsy, 'Dit is Volbring!' werksboek (een per deelnemer) bestel - die metgeselstuk tot die 'Dit is Volbring!' kleingroep DVD. Sien 'Related Products' vir verdere besonderhede.

Featured Products

MyGate_Secure_Transaction_Logo2 visa_mastercard_1

ff